Piekniekliefhebbers kan weereens uitsien na die gewilde somer volmaanpieknieks by die Taalmonument op Paarlberg, met ‘n asemrowende sonsondergang en naguitsig van die vallei.
Die eerste piekniek vind plaas op die laaste dag van die skoolsemester, Donderdag 23 September. Die son sak om 18:43, wat sowat 15 minute van donkerte laat totdat die maan om 19:01 sy verskyning maak. ‘n Begeleide toer oor die Monument sal aangebied word om 18:30 en weer om 19:30.
Volmaanpieknieks is ook geskeduleer vir 23 Oktober (sonsondergang 19:06, maanopkoms 19:46), 20 November (maanopkoms 18:35, sonsondergang 19:32) en 21 Desember (sonsondergang 19:57, maanopkoms 20:15).
Die toegangsfooi by die hek beloop R12 vir volwassenes, R5 vir studente en R2 vir kinders en geen besprekings is nodig nie. Besoekers moet onthou om flitse en warm klere saam te bring. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer.
Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie saam te bring of om een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800 of volksmond [by] taalmuseum.co.za). Koffie sal te koop wees by ‘n snoepie op die grasperk. Geen honde en vure word toegelaat nie. Die Monument sal tot 22:00 oop wees.
Die Monument sal in die somerseisoen vanaf Oktober tot Maart 2011 oop wees tot 20:00. Vir verdere inligting oor geleenthede by die Taalmuseum of Taalmonument, skakel 021 872 3441 of besoek www.taalmonument.co.za.









No user commented in " Volmaanpieknieks by die Taalmonument "
Follow-up comment rss or Leave a TrackbackLeave A Reply